VN fokus op Agenda 2030
Namibië versterk beeld in die buiteland
Estelle de Bruyn - Bykomend tot die sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, is verskeie geleenthede vanjaar in New York aangebied om van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar, te bespreek en oplossings te vind.
Die adjunk eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het tydens Woensdag se mediakonferensie by Staatshuis gesê kwessies soos armoede-uitwissing, klimaatverandering, migrasie, werkskepping en hernubare energie maak onder meer deel van Agenda 2030 uit.
Op hierdie rede is sogenaamde hoëvlak segmente aan die onderwerpe afgestaan wat deur Namibiese ministers, verantwoordelik vir hierdie sektore, bygewoon is.
“Die VN wil verseker dat die ontwikkelingsdoelwitte teen 2030 behaal word. Van die prioriteite wat ons tuis in die gesig staar, het ons laat besluit om ondersoek in te stel na hoe ons voordeel uit ons internasionale betrekkinge in hierdie verband kan trek,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het ook bevestig dat Namibië aangebied het om die Afrika-hoofkantoor van die internasionale klimaatfonds te huisves.
Tydens die besoek het die Namibiese afvaardiging ook die geleentheid gebruik om met beleidvormers te skakel, wat die buitelandse beleid moet formuleer van die nuwe Amerikaanse administrasie wat in Januarie 2017 ná afloop van Amerikaanse presidentsverkiesings in November vanjaar, aan bewind sal kom.
Pres. Hage Geingob het die groep aangemoedig om die beleid sodanig te ontwikkel dat Afrika daaruit sal voordeel trek.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het op die Amerika-Afrika-spitsberaad gewys op ekonomiese kwessies, soos hoe om die beste voordeel te trek uit die Agoa-inisiatief, waarvolgens Afrikalande sonder invoerheffings plaaslike produkte na Amerika kan uitvoer.
Hy het daarop gewys dat die groen lig wat onlangs deur die Amerikaanse owerhede gegee is vir die invoer van Namibiese beesvleis, ingevolge Agoa geskied.
Die minister in die presidensie verantwoordelik vir nasionale beplanning en die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Tom Alweendo, het op sy beurt daarop gewys ‘n besoek soos dié deur die Namibiese afvaardiging betekenisvolle geleenthede bied om die land te bemark en self die agenda te bevorder waarvoor die land bekend wil wees. Hy sê ‘n welvarende land soos Singapoer onderneem jaarliks besoeke aan Amerika en China om beleggingsgeleenthede te bevorder. Hy sê dit is belangrik vir Namibië om sy eie handelsmerk te vestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie