VN: Dodetal in gevegte styg tot 30
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Honderde burgerlikes het toevlug in 'n moskee in die grensdorp Bangassou in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gaan soek midde voortgesette aanvalle deur Christelike milisies wat tot 30 mense se lewe geëis het, het woordvoerders van die Verenigde Nasies (VN) en noodwerkers berig.
Die aanvalle die naweek op Bangassou op die Kongolese grens het honderde vegters met swaar wapentuig betrek en blyk teen Moslems gemik te wees. Dit is volgens die VN 'n aanduiding dat die konflik in die land aan die vererger is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie