Vlugte tussen SA, Nam niu00e9 geraak
Vlugte tussen SA, Nam niu00e9 geraak

Vlugte tussen SA, Nam nié geraak

Die hoof van burgerlugvaart benadruk vlugte tussen na en van Suid-Afrika gaan ongehinderd voort.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Yolanda Nel - “Die regeringsbesluit is baie duidelik oor watter vlugte geraak word en watter nie. Vlugte tussen Namibië en Suid-Afrika word nie geraak het.”

Só het mnr. Reinhard Gärtner, tussentydse uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), gister gesê nadat Comair se British Airways-vlug tussen Windhoek en Johannesburg wat om 14:20 moes land, gekanselleer is.

Net so is ’n South African Airways (SAA)-vlug wat gisteraand om 21:25 moes land en ’n 08:40-vlug van SAA wat vanoggend moes vertrek, ook gekanselleer. Dit het verwarring onder reisigers veroorsaak oor of vlugte na Suid-Afrika nou almal in die gedrang is.

Video’s van passasiers wat by die dienstoonbank saamdrom om alternatiewe reisreëlings te tref, het in die sosiale media gesirkuleer.

Die regering het in die lig van die Covid-19-pandemie Saterdag ’n 30 dae lange verbod geplaas op vlugte uit Duitsland, asook vanaf Addis Ababa in Ethiopië en Doha in Qatar.

Gärtner benadruk die regeringsbesluit was baie duidelik daaroor dat lugvervoer tussen Suid-Afrika en Namibië nie geraak word nie.

Hy sê Comair het die besluit verkeerd verstaan, maar hy het dit gister met dié redery se bestuur in Johannesburg uitgeklaar.

“(Me.) Wrenelle Stander (die groep se uitvoerende hoof) was baie verlig daaroor dat British Airways se vlugte kan voortgaan,” sê hy.

Hy het verder verduidelik die enigste vlug in hierdie stadium uit Europa is KLM se vlug wat vandag uit Amsterdam vertrek en môre by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aankom.

Gärtner sê die rede waarom dié vlug mag voortgaan, is omdat terugkerende Namibiërs daarop plek bespreek het.

Aangesien Angola kort ná middernag vanoggend sy lughawens vir buitelandse vlugte gesluit het, kan die KLM-vlug nie soos altyd eers in Luanda land nie.

“Buitelandse rederye mag wel nog deur die Angolese lugruim vlieg.”

Hy sê daar word nog ’n KLM-vlug Dinsdag uit Amsterdam beplan wat Woensdag hier sal aankom.

“Dit is in die beplanning, maar hang nog van sekere formaliteite af en is nog nie 100% seker nie.”

Pres. João Lourenço het Angolese burgers tot middernag gisteraand kans gegee om die land binne te kom.

“Hy het ons 24 uur gegee,” het ’n Angolese burger by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in trane aan Republikein gesê.

“En nou is daar nie meer plek op die vlug nie, want hulle het met die kleinste vliegtuig gekom.”

Haar vriendin, ook ’n Angolese burger wat in Namibië woon, het gesê sy is trots op die president wat pro-aktief optree om die grensposte te sluit, veral omdat daar nog geen positiewe gevalle van Covid-19 in die land is nie. “Maar hulle moet ons darem genoegsame tyd gee om ons reëlings te kan tref om huis toe te kom.”

’n Namibiër wat op pad Angola toe was om familie te besoek, se kaartjie is summier op die lughawe gekanselleer.

“Geen buitelander word tans in Angola toegelaat nie en net inwoners word die geleentheid gegee om terug te gaan,” het sy moedeloos gesê.

TERUGKERENDE NAMIBIËRS

Oor die kwessie van terugkerende Namibiërs en mense met permanente verblyfreg in Namibië, benadruk hy hulle sal nie toegang in die land geweier word nie.

“Hulle kan nog via Suid-Afrika na Namibië reis. Dit is hul grondwetlike reg.”

Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het vroeër die week by Staatshuis verduidelik terugkerende Namibiërs sal 14 dae in self-isolasie moet deurbring wanneer hulle hier aankom.

Volgens Gärtner is dit belangrik dat mense weet hierdie vergunning geld net Namibiërs en mense met permanente verblyfreg. Mense uit die lande waarvandaan vlugte verbied is, mag nie die verbod omseil deur via Suid-Afrika na Namibië te kom nie. Hulle sal nie in die land toegelaat word nie.

Hy het verder gesê die verwarring oor die gebruik van Eros-lughawe vir die aankoms en vertrek van vragvliegtuie soos dié van DHL is ook intussen uitgestryk.

Daar was ná die regering se aankondiging verwarring oor die kwessie en aangeneem vragvliegtuie mag net die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Walvisbaai Internasionale Lughawe gebruik, maar dit is reggestel, sê Gärtner.

[email protected]; [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%