Vlugte na Katar, Amsterdam kry groen lig
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het Qatar Airways en KLM Royal Dutch Airlines die groen lig gegee om binnekort vlugte van en na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in te stel.
Vanaf 28 September sal Qatar Airways vier direkte vlugte per week met ’n Boeing 787 Dreamliner van Windhoek na Katar aanbied.
Vlugte van Windhoek na Amsterdam, via Luanda, sal van 30 Oktober deur KLM Royal Dutch Airlines onderneem word. ’n Airbus A330-200 of A330-300 sal vir dié vlugte gebruik word.
“Uitbreiding en groei is deel van die derde fase van ons strategiese beplanning en ontwikkeling. Een van die maniere waarop ons groei en ontwikkel is deur nuwe roetes beskikbaar te stel,” het mnr. Tamer El-Kallawi, hoof uitvoerende beampte van die NAC, in ’n verklaring gesê.
Volgens hom speel lughawens en lughawensmaatskappye ’n belangrike rol in die wêreld se vervoernetwerke en verbind besighede met die wêreld.
“Lughawens en lughawensmaatskappye is belangrike werkgewers en lewer ook ’n bydrae tot die ontwikkeling van vaardighede onder werknemers,” sê El-Kallawi.
Hy meen ook dat die toevoeging van meer lugrederye ’n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van personeellede sal maak en deel vorm van Namibië se Harambee-plan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie