Vlugramp: Vier van moord aangekla
Moordklagte staar drie Russe en ’n Oekraïner in die gesig weens die neerskiet van vlug MH17 van die Maleisiese lugdiens in 2014 waarin 298 mense dood is.
Die hofsaak daaroor begin in Maart 2020 in Nederland, het die ondersoekspan Woensdag gesê.
Igor Girkin, Sergei Dubinski en Oleg Pulato, drie Russiese burgers, asook Leonid Kartjenko van die Oekraïne, gaan moontlik in hul afwesigheid verhoor word omdat Rusland volgens Nederland nie in die ondersoek saamgewerk het nie en oënskynlik niemand gaan uitlewer nie.
“Die verdagtes word gesien as dat hulle ’n belangrike rol gespeel het in die dood van 298 onskuldige burgers,” sê Fred Westerbeke, Nederlandse hoofaanklaer.
“Hoewel hulle nie self die knoppie gedruk het nie, vermoed ons dat hulle baie nou saamgewerk het om dit (die missiellanseerder) te kry waar dit was, met die doel om die vliegtuig neer te skiet.”
‘DIPLOMATIEKE STAPPE’
Ferdinand Grapperhaus, Nederlandse minister van justisie, sê in ’n brief aan die parlement Nederland het ongespesifiseerde “diplomatieke stappe” teen Moskou gedoen omdat hy nie voldoen het aan die wetlike versoeke nie of die verkeerde inligting gegee het.
Lasbriewe vir die vier se internasionale inhegtenisneming is uitgereik.
Girkin (48), ’n kommentator oor Russiese en buitelandse sake via sy eie webwerf en YouTube-kanaal, het sonder om uit te wei aan Reuters gesê: “Die rebelle het nie die Boeing neergeskiet nie.”
Owerhede in die Oekraïne sê hulle sal probeer om Kartjenko in hegtenis te neem.
Die MH17 is op 17 Julie 2014 neergeskiet bokant ’n gebied waar pro-Russiese separatiste in die ooste van die Oekraïne in beheer was. Dit was van Amsterdam na Kuala Lumpur op pad.
Almal aan boord het in die ongeluk gesterf.
Rusland het die aantygings as ongegrond bestempel en gesê dit is daarop gemik om die Russiese Federasie sleg te laat lyk in die oë van die wêreld. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie