Vlug met entstof vertraag
Vlug met entstof vertraag

Vlug met entstof vertraag

Francoise Steynberg
Die vlug wat die CoronaVac-entstof van die Chinese farmaseutiese maatskappy Sinopharm vandag na Namibië sou bring, is met ten minste twee ure vertraag.

Die amptelike oorhandiging van die enstof sal nou eers om 16:00 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako plaasvind, het die kantoor van die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, pas aangekondig.

Die amptelike oorhandiging sou om 13:30 plaasgevind het waartydens Nandi-Ndaitwah, asook die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, en die Chinese ambassadeur in Namibië, mnr. mnr. Zang Yiming, teenwoordig wou wees.

Foto bioworld.com

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer