Vloede sluit skole
Planne beraam om lesse in te haal en skoolterreine te dreineer.
Henriette Lamprecht
Sowat 62 skole word deur vloede in die Ohangwena- en Omusatistreek van die land geraak.
Leerlinge van sommige skole is selfs vir 'n onbepaalde tyd huis toe gestuur.
Volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur word die situasie gemonitor.
Volgens die permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, het die Primêre Skool Oshitambi, wat 345 leerlinge het, verlede week laat weet water het tot in hul klaskamers ingevloei en dat alle geriewe, selfs hul puttoilette, onder water was.
Die 549 leerlinge van die Primêre Skool Onghala is vir 'n onbepaalde tydperk huis toe gestuur tot dinge na normaal terugkeer.
Steenkamp het gesê alle streke is daarmee vertroud om dié tipe situasie te hanteer.
“Gestruktureerde ingryping vir onderrig- en leertyd sal ook getakel word,” het sy gesê.
Dié planne sluit in ekstra klasse in 'n midtermyn-blaaskans, sowel as die skoonmaak van geute en vore om water van skoolterreine af weg te lei.
“Die Paaieowerheid se hulp is ook gevra om kanale en dreine skoon te maak om die water toe te laat om vrylik te vloei en die skoolterreine te dreineer.” Volgens Steenkamp het lede van die gemeenskap ook ingespring om kanale wat vloede by skole veroorsaak het, weer skoon te maak.
Van die skole wat deur oorstromings geraak is, sluit die Primêre Skool Eengwena in. Intussen berig die Hidrologiese Dienste van Namibië dat watervlakke in die westelike Cuvelai-Iishanas steeds styg.
Hoewel watervlakke in die sentrale Cuvelai-Iishanas effens gedaal het, word verwag dat dit in die komende twee tot vyf dae weer sal styg wanneer die vloedwaters wat Ondjiva in Angola reeds bereik het, hier invloei.
Satellietbeelde oor die laaste 24 uur toon ook goeie neerslae oor die Kunene-, Cuvelai-, Kavango- en Zambezi-kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie