Vloed eis agt lewens
China
Agt mense is dood en een word vermis nadat swaar reën in die noordooste van China in die Jilin-provinsie uitgesak het.
Stortreën het die sentrale en oostelike dele van Jilin getref en die verskuiwing van meer as 120 000 mense genoodsaak.
In Yongji is daaglikse reënvalrekords oortref en vyf mense is in die ramp dood.
Die storms het die lewe van byna 320 000 mense in 13 streke ontwrig en skade aan huise, paaie, brûe en dyke aangerig. – Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie