Vlieëniers vlieg ‘blind’

NCAA ontstig lugrederye

18 July 2019 | Vervoer
CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om instrumentnaderings by die internasionale lughawens Hosea Kutako (HKIA) en Walvisbaai te staak.

’n Bron na aan die lugvaartbedryf sê die besluit veroorsaak groot kommer, want dit raak rederye en kleiner lugvaartoperateurs wat na Namibië vlieg of van die lugruim gebruik maak.

“Dit raak ambulansvlugte, vragvliegtuie . . . almal wat na Windhoek en Walvisbaai vlieg,” sê die bron wat anoniem wil bly.

Instrumentnaderings behels dat vlieëniers staatmaak op toerusting by lughawens om vliegtuie veilig te stuur en land in swak ligtoestande.

Dit moet ook deel wees van die vereiste vlugplanlêers wat onder burgerlugvaartowerhede versprei word, aangesien vliegtuie op gevaarlike toestande voorberei moet wees.

Twee naderings word in Namibië gebruik: Die BHF-omnibaken-nadering (VOR) by HKIA en Walvisbaai, en die Instrumentlandingstelsel (ILS) by HKIA.

Al instrumentnadering wat oënskynlik tans beskikbaar is, is die Vereiste Navigasie-prestasie (RNP).

Dit is ‘n GPS-gebaseerde satellietgids-stelsel waarvoor net groot en duur vliegtuie gesertifiseer is.

Die Walvisbaai-lughawe het nie ‘n RNP-stelsel nie.

Opleiding in vlugreëls (IFR) aan die kus en in Windhoek word glo erg hierdeur geraak.

ONTSTIG

Rolspelers in die bedryf sê nie eens alle vliegtuie van Air Namibia of Comair kan met die RNP-nadering vlieg nie, nog minder die kleiner vliegtuie.

“Dit raak bykans alle lugrederye wat die twee lughawens gebruik, deur die Namibiese lugruim vlieg en hier vir noodgevalle moet land. Hulle moet nou ‘n ander roete volg,” het een gesê.

Wat sake vererger, sê hy, is dat die Namibiese Meteorologiese Dienste se toerusting nie gekalibreer is nie. Dit beteken vlieëniers kan nie eens op weerberigte staatmaak nie.

“Dit raak almal, selfs noodvlugte wat snags gedoen word. Iemand speel met passasiers se veiligheid en geld, asof Namibië ‘n kontantkoei is. Die lugrederybedryf is lamgelê.”

Groot ontsteltenis heers ook omdat die toerusting vir instrumentnaderings onlangs teen “honderdmiljoene dollars” met belastingbetalers se geld opgestel en ingerig is. Dit is gedoen in bevel van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) wat bepaal het die vorige naderings het nie gewerk nie.

NCAA reageer

Die waarnemende uitvoerende direkteur van die NCAA, mnr. Reinhardt Gärtner, erken die kwessie kan “ongerief vir sekere plaaslike operateurs” veroorsaak, hoofsaaklik dié wat die naderings vir opleidingsdoeleindes gebruik.

“Die NCAA doen sy bes om die hersiene naderings so gou moontlik in te stel,” het hy gesê.

Volgens Gärtner is die staking van instrumentnaderings by die lughawens as voorsorgmaatreël gedoen.

“Dit is internasionale standaard dat prosedures gereeld hersien word om te verseker dat hulle steeds aan die regulatoriese veiligheidsvereiste voldoen. Die ILS- en VOR-prosedures moes geskeduleerde hersiening in 2020 ondergaan, maar daar is besluit om dit nou al te doen,” het Gärtner gesê.

Volgens hom sal dit weer gepubliseer word “so gou doenbaar in ooreenstemming met regulasies”, en is die beste tyd van die jaar vir die staking van instrumentnaderings in die droë seisoen, met min of geen wolke.

Op die vraag watter impak die besluit op lugrederye sal hê, het Gärtner gesê operateurs wat die RNP gebruik, sal nie geraak word nie, behalwe as die wolke laer as is die bepaalde vlakke vir naderings en soorte vliegtuie.

“Operateurs wat nie die RNP by Hosea Kutako kan uitvoer nie, mag ook geraak word in die geval van swak sig, lae wolke en mistige toestande.”

Volgens hom is alle lugvaartoperateurs by wyse van ‘n Notam (kennisgewing aan vlieëniers) op die NCAA se webwerf ingelig.

Soortgelyk

 

Wettig aborsie, sê Geingob

29 minute gelede | Regering

Denver KistingOf aborsie wettig is of nie – dit gebeur en baie vroue sterf jaarliks as gevolg daarvan.Daarom, sê pres. Hage Geingob, sal aborsie in...

Gertze: Geen borg vir nou

29 minute gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ’n Klag van poging tot moord staar ’n Windhoeker in die gesig ná hy glo verskeie skote die naweek op sy vrou...

Make way for the PillowChick

29 minute gelede | Mense

Ester Kamati Julia Ndeilenga has turned her love for décor into a thriving pillow business, with her merchandise now decorating Nictus’ shelves in Windhoek.Walvis Bay...

Berserker vermoor 2-jarige nefie glo

29 minute gelede | Misdaad

’n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ’n graaf aangeval het, terwyl ’n driejarige meisie ernstige beserings...

Pastoor bly agter tralies

29 minute gelede | Howe

Leandrea Louw op Walvisbaai - Past. Marvin Damaseb (39) van die Holy Ghost Fire Ministries op Walvisbaai het gister op ’n klag van ontvoering...

Weer vir 19 November 2019

29 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele donderbuie by Tsumkwe en in die streke van Omaheke enZambezi. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

29 minute gelede | Politiek

Mike KavekotoraRally for Democracy and Progress (RDP) Mike Kavekotora is die RDP se presidensiële kandidaat.'n Maatstaf by die stembus sal wees of hy meer as...

More books for more children

29 minute gelede | Onderwys

Ester KamatiOn 12 November, the National Library proudly hosted the donation of 308 books towards the One Book, One Child reading campaign, which aims to...

An apple a day

29 minute gelede | Onderwys

Mariselle StofbergThe Cancer Apple Project has impacted the lives of numerous Namibians and has managed to raise N$2.5 million in aid of the Cancer Association...