Vlieu00ebniers se geestesgesondheid veelvlakkig gemonitor
Vlieu00ebniers se geestesgesondheid veelvlakkig gemonitor

Vlieëniers se geestesgesondheid veelvlakkig gemonitor

Ronelle Rademeyer
Hoewel dit onmoontlik is om menslike gedrag volledig deur middel van toetse te voorspel, is dit vir die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) baie belangrik om herhalings van vliegrampe soos dié van die Mosambiekse lugrederye, LAM, en Germanwings te voorkom.
Vliegtuie van dié twee rederye het 18 maande uit mekaar neergestort nadat die vlieëniers hulle alleen in die vlugkajuite toegesluit en die vliegtuie met opset laat val het. Die vliegtuig van LAM het in 2013 in Kavango-Oos naby Rundu neergestort en die Germanwings-vliegtuig in Maart verlede jaar in die Franse Alpe.
Mnr. Gilberto Lopez-Meyer, senior visepresident van veiligheid en vlugoperasies by Iata, het vroegoggend aan joernaliste by dié vereniging se jaarvergadering in Dulin, Ierland, gesê 'n veelvlakkige en omvattende benadering gaan gevolg word om seker te maak vlieëniers se geestesgesondheid is sodanig dat hulle nie passasiers se lewens in gevaar stel nie.
Republikein berig môre volledig hieroor.

Kommentaar

Republikein 2025-06-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer