Vlieënier oorleef tweede heli-ongeluk

Geen beserings

11 September 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg – ‘n Kommersiële helikoptervlieënier, mnr. Dirk du Preez (30), het Dinsdagoggend sy tweede helikopterongeluk oorleef.

“Ek was vyf jaar oud toe ek en my ouer broer, Jannie, saam met my pa in ‘n helikopterongeluk in 1996 was. Ons was gelukkig dat ons almal die ongeluk oorleef het,” het Du Preez gister aan Republikein vertel.

Dinsdagoggend was die geluksengel vir die tweede keer aan Du Preez se sy.

Sy pa, mnr. Jan du Preez, bekende vlieënier, wildvangspesialis en -handelaar, is die eienaar van Du Preez Wild buite Otjiwarongo.

Sy pa het reeds by die B2Gold-myn gewag dat sy seun met die Hughes 300-helikopter met registrasiemerk V5-HIK kom land waar hulle ’n wildvangoperasie sou uitvoer.

“Dirk het omstreeks 08:00 enjinprobleme sowat vyf kilometer oos van die myn ondervind,” het kapt. Oskar Plichta, die ondersoekbeampte in die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, gister gesê.

“Hy het enjinprobleme ondervind en ’n outorotasie uitgevoer wat nie heeltemal suksesvol was nie,” het Plichta gesê.

Die hoof van die direktoraat, mnr. Magnus Abraham, het bevestig dat Plichta Dinsdag na die ongelukstoneel gestuur is om die ondersoek uit te voer.

Volgens Plichta het Du Preez geen beserings opgedoen nie, slegs ’n half-verstuite enkel.

“Dit is ongelooflik dat hy weggestap het sonder enige beserings as na die toestand van die helikopterwrak gekyk word,” het Plichta gesê.

Du Preez het beaam dat hy nie beseer is nie.

“Dit was ’n harde landing,” het hy geskerts.

DRIE HELI-ONGELUKKE VANJAAR

Abraham het bevestig dat Du Preez se ongeluk die derde helikopterongeluk in 2020 in die land was waartydens alle insittendes oorleef het.

In die mees onlangse helikopterongeluk op 16 Julie het die bekende sakeman en veldrenjaer van Grootfontein, mnr. Jaco van Dyk (47), en sy drie kinders wonderbaarlik oorleef.

Van Dyk, het met sy twee dogters “Ousus” (15) en “Bokkie” (13), en seun “Chucky” (12), aan boord ook ‘n onsuksesvolle noodlanding met sy MD600-helikopter in die berge naby Heja Lodge oos van Windhoek uitgevoer.

Op 25 Maart was die vlieënier, mnr. Frans Henning, met ’n Huey-helikopter op die Tsumeb-vliegveld tydens landing in ’n ongeluk betrokke.

Die helikopter van die bekende sakeman, mnr. Rainier Arangies, was ook erg beskadig, maar Henning is nie beseer nie. Hy was alleen aan boord. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...