Vliegtuigdeur gevind
Francoise Steynberg - Die man wat in besit van ''n verlore vliegtuigdeur is, is gevind.
Volgens kapt. Oskar Plichta van die direktoraat van ondersoek na vliegtuigongelukke in die ministerie van werke en vervoer, is mnr. Wilfried Afrikaner gevind en sy beloning sal aan hom gegee word.
"Afrikaner se familie het gister die artikel in Republikein gelees dat hy én die vliegtuigdeur gesoek word en hom ingelig. Hy het my gister uit Tsumeb gebel," het Plichta gesê.
Afrikaner sou gister van Tsumeb na Windhoek terugkeer en die vliegtuigdeur aan die direktoraat oorhandig.
Die vliegtuigdeur aan die passasierskant van ''n ligte twee-motorige vliegtuig het op 7 November in die gebied van die vullisgate langs die westelike verbypad geval toe dit van die Eros-lughawe na Sossusvlei gevlieg het. Die vlieënier was glo alleen in die vliegtuig en het net bagasie vervoer.
Volgens Plictha word die deur dringend benodig vir verdere ondersoek ná die voorval.
Vliegtuigdeure is glo baie gesog: "Lank gelede het ''n vliegtuigdeur ook uit ''n vliegtuig noord van Otjiwarongo gewaai en dit is deur ''n Himba-man opgetel," vertel Plichta.
"Hy het verseg om die deur aan ons terug te gee. Hy wou destyds N$15 000 vir die deur hê wat 150 kg geweeg het!"

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie