Vlieg in die salf van reu00ebnseisoen
Vlieg in die salf van reu00ebnseisoen

Vlieg in die salf van reënseisoen

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Daar is geen salf te smeer aan die lastige vlieë wat met die reën­seisoen gepaard gaan nie.

Vlieë is tans landswyd 'n erge laspos en mens en dier word veral ná die goeie reënneerslae met huisvlieë oorval.

Me. Gail Morland, 'n doktorale student in entomologie en lektor by die fakulteit van natuurlike hulpbronne aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegno­logie (Nust), sê die verskynsel kan beslis nie 'n vlieëplaag genoem word nie.

“Dit is 'n natuurlike reaksie weens die afgelope goeie reën dat huisvlieë se getalle nou abnormaal hoog is, maar dit kan nie 'n plaag genoem word nie,” het Morland gesê.



'MEER KOS BESKIKBAAR'

“Daar is nou meer kos beskikbaar, wat meebring dat volwasse vlieë meer eiers lê,” het sy gesê.

Die enigste raad wat sy teen die knaende vlieë het, is insekdoders.

“Die enigste manier om van die vlieë ontslae te raak, is om hulle dood te maak,” sê Morland.

Produkte is beskikbaar soos ­klewerige vangvelle wat 'n groot hoeveelheid vlieë lok, terwyl vlieglokvalle buitenshuis effektief is.

Morland beveel neem-olie aan om op diere soos honde en perde te smeer sodat die vlieë hulle nie takel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer