Vlieg direk van Kaapstad na Frankfurt
Francois Williams
Die swak rand laat die geld in Duitse toeriste se sakke bult, en die Duitse lugdiens Lufthansa sien die vraag groei so sterk vir vlugte na Kaapstad dat hy vanaf Desember ’n regstreekse vlug drie keer per week tussen Frankfurt en Kaapstad gaan instel.
Dr. André Schulz, hoofbestuurder van Lufthansa in Suider-Afrika, sê besprekings vir dié vlugte het op 27 Mei geopen. Die vlugte begin op 2 Desember, en Schulz hoop dit kan regdeur die jaar volgehou word.
Tans vlieg Lufthansa net in die somer regstreeks tussen Kaapstad en München. Daar is daaglikse vlugte regdeur die jaar tussen Frankfurt en Johannesburg. Schulz sê die nuwe vlugte gaan met ’n Airbus E340-300 wees wat 279 sitplekke per vlug bied, waarvan 30 besigheidsklas-sitplekke is, en 28 is premium ekonomiese klas.
Dis ’n nagvlug, wat dit gerieflik maak vir sowel sakebesoekers van die Kaap na Duitsland, as Duitse toeriste wat die Kaap wil besoek.
Lufthansa se aankondiging kom kort ná die nuus dat British Airways in die komende somerseisoen sy vlugte tussen Heathrow en Kaapstad na twee vlugte per dag gaan uitbrei.
Die huidige swak rand-wisselkoers beteken Europese toeriste kry toenemend waarde vir hul geld om in ponde en euro te betaal vir vakansies in Suid-Afrika om van die koue Europese winter te vlug.
Die nuwe regstreekse vlugte tussen Kaapstad en Frankfurt sal op Woensdae, Vrydae en Sondae uit Frankfurt vertrek.
Die Lufthansa-groep se Swiss Leisure-afdeling se Edelweiss-lugdiens sal voortgaan met sy seisoenale vlugte na Kaapstad vanuit die Switserse stad Zurich. In die somer vlieg Lufthansa daagliks tussen Kaapstad en München en Edelweiss vlieg twee keer per week tussen Kaapstad en Zurich.
Die nuwe vlug uit Frankfurt sal om 22:10 vertrek en die volgende dag om 11:00 in Kaapstad land. Die terugvlug vertrek om 18:30 uit Kaapstad en land die volgende dag om 05:30 in Frankfurt. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie