Vlentertjie maan
Vlentertjie maan

Vlentertjie maan

Dani Booysen
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Knipoog jy vi my.

Met sterretjie aan djou sy.

Ondergaan djou vlou.

Sonsondergang loer vi jou.

Saam met koue naglug.

Slaan my oë op vlug.

Moegheid ver vandaan.

Ooglede saam sal be-aam.

Doer by die westerkim.

Hou ek my asem in.

Wasem teen die ruit.

Vlentertjie maan gaan agteruit.

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer