Vlae hang halfstok vir Kohl
Helmut Kohl, die voormalige bondskanselier van Duitsland en argitek van die land se hereniging in 1990, is Vrydag op die ouderdom van 87 in sy huis in Ludwigshafen in die weste van Duitsland oorlede. Kohl was tussen 1982 en 1998 aan die stuur in Duitsland. Hy was op die voorpunt van Duitsland se aanvaarding van die euro en die strewe na eenheid in Europa. Kohl was vier keer tot dié amp verkies en is naas Otto van Bismarck die leier wat die naaslangste aan die bewind in Duitsland was. Bill Clinton, voormalige Amerikaanse president, het in 2011 vir Kohl as “die belangrikste Europese staatsman sedert die Tweede Wêreldoorlog” beskryf. FOTO Netwerk24/AP/REUTERS
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie