Vlaag van ontvoerings in RSA; Namibiërs bekommerd
Misdaad
Kristien Kruger – Suid-Afrika ervaar tans ’n kommerwekkende toename in die ontvoering van kinders en vroue, wat ook onder Namibiërs vrees en paniek aanwakker.
Vanweë ’n onlangse vlaag ontvoerings van vroue en kinders in Suid-Afrika, vermoed die buurland se polisie dat ’n mensehandelsindikaat daar doenig is.
Hoewel daar oor Suid-Afrika heen na bewering elke vyf ure iemand ontvoer word, is die gevalle veral in Bloemfontein kommerwekkend.
Die premier van die Vrystaat, me. Sefora Ntombela, het Maandag ’n verklaring uitgestuur wat waarsku dat booswigte se oë op die kinders van Bloemfontein gerig is.
RSG se nuusprogram het Woensdagoggend berig dat die Suid-Afrikaanse polisiediens die medewerking van Interpol by die kwessie betrek het en dat hulle die ontvoerings en moontlikheid van ’n sindikaat ondersoek.
Namibië se plaaslike Interpol-hoof, adj.komm. Immanuel Sam, het Woensdag aan Republikein gesê hy is nog nie oor die saak gekontak nie. Ondersoek sal egter hier ook ingestel word indien vermoed word dat verdagtes die grens oorgesteek het.
ONTVOERINGS IN NAMIBIË
Whatsapp-boodskappe doen egter die rondte dat minstens een kind in die Windhoek onlangs van buite ’n voertuig se venter gegryp en ontvoer is.
Die Namibiese polisie se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, sê in die afgelope maande is geen ontvoering van vroue of kinders aangemeld nie.
“Ons dra kennis van ’n vrou wat beweer dat haar kind gister (Woensdag 23 September) in Khomasdal ontvoer is. Daar is ongelukkig geen klag oor so ’n voorval by die polisie ingedien nie. Ons neem die saak ernstig op en probeer die vrou opspoor sodat sy ’n klag kan aflê, sodat ons die saak kan ondersoek.”
“Die beweerde voorval het nietemin reeds paniek onder gemeenskappe gesaai en ons waarsku die publiek opnuut om altyd waaksaam te wees. Ons moet ons land se kinders ten alle tye beskerm,” het Shikwambi gesê.
VERDAGTE KRY BORG
’n Namibiese sakeman, mnr. Simon Andjamba (ook bekend as Tupac), word tans op ’n klag van mensehandel vervolg. Borgtog van N$15 000 is Dinsdag aan hom toegestaan en hy moet op 23 Oktober weer in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Andjamba se klag hou na bewering verband met vier seuns wat in 2018 vanuit Angola na Namibië gebring is om op ’n plaas te werk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie