VK kort net Brexit-stamina
Die ekonomie van die Verenigde Koninkryk (VK) toon ’n verrassende oplewing post-Brexit, hy kort net stamina . . .
Die fokus is of die ekonomie einde verlede week se aanvanklike stewige ekonomiese syfers kan volhou.
’n Veerkragtige arbeidsmark en die beste groei in kleinhandelverkope in enige Juliemaand sedert 2002, het bygedra om Citigroup se ekonomiese verrassingsindeks, wat ekonomiese data meet teenoor die verwagtings van ontleders, tot sy hoogste vlak sedert 2013 laat styg. Kortliks: Dit het ontleders verras.
Dié verslae, die eerste sedert Junie se Brexit-referendum, slaan ontleders wat stadiger ekonomiese groei voorspel het, effe dronk. Beleggers het hul wedkanse op ’n verhoging van Britse rentekoersverhoging gesny en die pond het sy beste vertoning in meer as ’n maand gelewer.
Terwyl die jongste syfers aandui dat die VK se ekonomie hom nie steur aan ekonome se voorspelling van onstuimigheid ná Brexit nie, waarsku Joe Grice, hoofekonoom in dié land se statistieke-kantoor, dis nog te vroeg om afleidings te maak – een week se data skets nie die volle prentjie nie.
Hy het aan Bloomberg gesê die verhaal moet nog ontknoop; daar is tot dusver beperkte inligting oor sakebedrywighede en handel.
“Enigiemand wat jou vertel dis die oordeelsdag, lieg – so ook diegene wat jou probeer oortuig alles is piekfyn,” sê Grant Lewis, ekonoom by Daiwa Capital Markets in Londen wat voorheen by die VK se tesourie gewerk het. Dis te vroeg vir die mark om ’n rentekoersvermindering in November te verreken; dít op grond van een verklaring oor kleinhandelverkope, reken hy.
Tewyl die Bank van Engeland reeds sy sleutelrentekoers sedert die referendum verlaag het – die eerste keer in sewe jaar – het die meerderheid van beleidmakers ’n verdere verlaging verwag, sou die ekonomie soos voorspel agteruitboer.
Die jongste syfers kan die grondslag lê vir ’n meer fundamentele herwaardering van beleidsvooruitsigte, sou die ekonomie aanhou om beter as verwag te vertoon.
Nywerheidsproduksie- en handelsyfers vir Julie, die eerste volle maand ná die referendum, sal vroeg in September beskikbaar wees.
“As naakte feite in die komende maande aanhou verras, is die kans goed dat die ekonomie die Brexit-storm beter deurstaan as wat baie ekonome verwag,” sê Victoria Clarke, ekonoom by Investec Securities in Londen. “Dit mag daartoe lei dat monetêre en fiskale beleidmakers hulle minder sal steur aan beroepe om die ekonomie verder te stimuleer.”
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie