Viswinkel vir Nkurenkuru
            
                                                            Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust (NFCPT) spog nou met twaalf kleinhandelafsetpunte in twaalf streke ná die opening van sy nuwe winkel in die Kavango-wesstreek. Die oorblywende twee streke wat nog gedek moet word, is Zambezi en Otjozondjupa.
“Ons ag ons teenwoordigheid hier as ’n bydrae tot die Nasionale Ontwikkelingsdoelwitte wat Visie 2030 en die Harambee walvaartsplan insluit,” het mnr. Julian Engelbrecht namens die NFCPT by die opening gesê.
Hy het gesê die trust het ''n belangrike teiken bereik, naamlik om vis as die basis van ''n gesonde dieet te bemark. Dit word gestaaf met die feit dat die trust in die 2015/16 finansiële jaar, 6 274.19 metrieke ton vis versprei het.
Tydens die opening, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, die trust geloof en gesê die winkel is maar een van talle beleggings wat die NFCPT op Nkurenkuru gaan maak, veral omdat die trust ’n erf bekom het om ’n permanente struktuur van sy eie daar op te rig.
Tans huur die trust eiendom.
“Ek wil die raad van trustees aanmoedig om te verseker dat die beplande winkel sou gou as moontlik opgerig word,” het Esau gesê. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie