Vissermanne eis 200 ure se oortydbetaling
Die regering word aangemoedig om kennis te neem van arbeidsregtelike oortredinge en om stappe te doen teen maatskappye wat oortree.
Catherine Sasman – Die kantoor van die arbeidskommissaris op Walvisbaai het verlede Woensdag twee vissermanne, mnre. Frans Sam en Katula Abisai, aangeraai om nie ’n geskil oor onbetaalde oortydbetaling by die maatskappy Marco Fishing aanhangig te maak nie.
Hulle is aangeraai om eerder tot 5 Augustus te wag vir dié maatskappy om die geld te betaal, soos hy onderneem het.
Sam en Abisai was veronderstel om verlede Donderdag voor ’n dissiplinêre komitee te verskyn op ’n klag dat hulle op 5 en 6 Junie geweier het om hul regmatige pligte uit te voer.
Die werkers het gesê hulle het ’n reg om hul arbeid te weerhou totdat werksomstandighede op dié maatskappy se vaartuig veilig is en tot dit aan gesondheidsvereistes voldoen.
Die vissermanne eis betaling vir 200 ure se oortydwerk wat hulle na bewering tussen 26 Mei en 23 Junie op see verrig het.
Hulle beweer die kaptein het hulle “gedwing” om vir meer as 21 dae 21 uur per dag te werk, ten spyte van ’n ondertekende enkelreiskontrak wat bepaal dat vissermanne 11 uur per dag en drie uur oortyd sal werk terwyl hulle op see is.
Die kontrak bepaal verder dat werkers geregtig is op ’n rusperiode van agt uur vir elke werksiklus van 24 uur terwyl hulle op see is.
’n Onlangse wysiging van die Namibiese Arbeidswet van 2007 bepaal dat vissermanne nie meer as nege uur per dag mag werk nie en nie meer as vyf uur oortyd per dag nie.
"Ons wil hê ons regering moet kennis neem van hierdie gevalle en tasbare stappe teen maatskappye doen wat nie aan die land se arbeidswet voldoen nie. Hierdie is waarom vissermanne staak, maar sulke oortredings duur steeds voort,” het mnr. Mathew Lungameni, voorsitter van United Fishermen of Namibia, verlede Woensdag gesê.
Lungameni het verlede maand gesê vissermanne se werksomstandighede het nie verbeter sedert die wysiging van die arbeitswet laat verlede jaar nie, en het ook beweer werkers word gedwing om onder ongesonde toestande te werk.
Hy het ook beweer instaanwerkers wat die stakende vissermanne vervang, word gedwing om 21 tot 36 opeenvolgende ure per skof te werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie