Vismaatskappy erken toppresteerders
Namsov Fishing Enterprises dra graag by tot die opvoeding van Namibië en sy mense, en wil studente en leerlinge help om kwalifikasies te behaal. Vanjaar het die maatskappy beurse aan 21 studente oorhandig, N$2 000 elk aan die toppresteerders in graad 10 en 12 geskenk, opleidingsondersteuning aangebied, gehelp met die oprigting van fasiliteite, en talentondersteuningsprogramme aan begaafde studente beskikbaar gestel. Boonop is aanvullende onderwysmateriaal en vaardigheidsontwikkeling, wat 20 beurse insluit, aan die Namibiese Instituut van Mynwese en Tegnologie (NIMT) geskenk. Hier wens mnr. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusatistreek (links) en me. Laura Mcleod-Katjitua, goewerneur van die Khomasstreek, vir Letisia Shiwana geluk ná sy graad 12 by Senior Sekondêre Skool Negumbo voltooi het. Regs is Namsov Fishing Enterprises se hoof van volhoubaarheid, me. Tuna Willem. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie