Visioen vir Namibië
HENNING YSSEL SKRYF:
Tydens my hospitaalverblyf in November 2020 na ’n val by die huis, het ek ’n visioen gehad vir Namibië.
Op Vrydag 15 Januarie 2021 het ek die eerste keer belewe dat God vir my ’n belofte het om my lewe te bestuur. Op hierdie stadium het God my bevry van my bekommernisse oor môre. Hy het die kettings wat my gebind het weggeneem en vir die eerste maal in my lewe het ek ware vryheid beleef. Deur middel van my wond het ek genesing ervaar en dat God my aan sy belofte hou.
Ek het besef dat ek nie kan of mag stilbly oor die visioen wat God my laat sien het nie.
Vir Namibië sien ek ’n wonderlike toekoms. ’n Besonder grootse toekoms. ’n Baie positiewe toekoms: een van ekonomiese welvaart vir ’n land wat op pro-westerse beginsels bestuur gaan word. ’n Land met ’n regering wat demokraties sal optree in besluite en veral goeie verhoudings met ander lande gaan handhaaf.
Die Neckartaldal-dam en -waterskema gaan ongekende voorspoed vir Namibië bring op ’n groot skaal. Die dam sal mense na die omliggende area lok en werk aan baie werkers verskaf, veral op landbougebied. Die skema sal beleggings lok wat ekonomiese welwaart en voorspoed bring vir nie alleen die //Kharas-streek nie, maar die hele land.
Soos die dam ekonomiese groei toon, sal dit nog meer mense aantrek wat ook op gebiede anders as die van landbou stimulasie vir die land sal meebring. Die ontwikkeling sal ook mense met verbintenisse met Namibië teruglok na die land om te help met ontwikkeling hier.
Die Neckartaldal-dam gaan ’n positiewe uitwerking op die land uitoefen as ’n simbool van vooruitgang. Dit is ook ’n simbool van saamstaan as ’n nasie.
Deel van die visioen was aangaande president Hage Geingob. Ook hier was die visioen positief. Hy gaan ’n groep mense, politici rondom hom versamel wat beskryf kan word as die “nuwe” Swapo. As leier sal hy die bevolking inspireer en die land tot ongekende hoogtes lei. Hierdie groep, onder sy leierskap, sal die regte pad stap om Namibië vooruitstrewend te maak.
Namibië het die menslike vermoëns en hulpbronne in die land en president Geingob sal dit ontgin.
Ek voel dis belangrik dat hierdie positiewe visioen bekend gemaak moet word sodat die mense van Namibië positief sal wees oor die toekoms – ten opsigte van hulself en hulle land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie