Visepresident val flou by begrafnis
Visepresident Nickey Iyambo het Saterdag tydens die begrafnis van oudminister Rosalia Nghidinwa op Nkurenkuru flou geval.
Iyambo het in die tent vir die hoogwaardigheidsbekleërs gesit terwyl Nghidinwa se kis in die grond laat sak is, en het toe flou geval. Hy is vinnig deur sy lyfwagte uit die tent gehaal, maar Nampa kon nie vasstel na watter hospitaal hy geneem is nie.
Pogings om kommentaar te kry van die goewerneur van die Kavango-Wesstreek, me. Sirkka Ausiku, was nie suksesvol nie.
Iyambo het by 'n vorige geleentheid ook flou geval, net ná 'n toespraak tydens die herdenking van Heldedag in 2017. Die goewerneur van die Oshikotostreek, mnr. Henock Kankoshi, het toe gesê dit was omdat Iyambo niks op die dag geëet het nie. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie