Visumvereistes vir Jamaikane opgeskort
Jamaikane wat Namibië wil besoek, sal nie meer vir ? visum aansoek hoef te doen nie.
Die kabinet het besluit om gewone en diplomatieke paspoorthouers vanaf dié land vry te stel van die vereiste. Hulle mag nou tot 90 dae per jaar in Namibië bly sonder om vir ? visum aansoek te doen.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Stanley Simataa, het vanoggend die kabinetsbesluit bekend gemaak. Volgens hom is die tipe ooreenkoms tussen Namibië en ander lande wedersyds van toepas en dus sal Namibiërs ook nou makliker dié eiland kan besoek.
Foto: pixabay.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie