Virus se koms knip toernooi in helfte
Drie spanlede van Namibië het tot die latere kontinentale uitdaging deurgedring.
Die Namibiese Tafeltennisvereniging (NTTA) en die Internasionale Tafeltennisfederasie (ITTF) se Suidelike Afrika-streektoernooi van 14 tot 16 Maart in Windhoek was een van die sportgeleenthede in die land wat halfpad deur die coronavirus se koms ontwrig is.
Dié kwalifiserende geleentheid vir die Africa Hopes Week & Challenge is in die gimnasiumsaal van die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) in Windhoek aangebied.
Die toernooi was aanvanklik geskeduleer om ’n volle week te duur, maar is onmiddellik kortgeknip nadat die eerste geval van Covid-19 in die land aangemeld is en nadat die Namibiese Sportkommissie (NSC) ’n moratorium op alle sportgeleenthede in die land verklaar het.
Die moratorium het ook die kansellasie van Suidelike Afrika Streek 5 junior kampioenskap genoodsaak wat later daardie week sou plaasvind.
Aan die stuur van die plaaslike reëlingskomitee was die NTTA se president en visepresident, Rudi Saunderson en Heiko Fleidl.
Hisham Ismail van Egipte was die ITTF se hoofafrigter en tegniese ekspert wat internasionale bekendheid en ondervinding in die aanbieding van ITTF-programme vir talentidentifisering het. Hisham is ondersteun deur die ITTF se onlangs aangestelde ontwikkelingsbeampte vir Suider-Afrika, Kealeboga Keitseng.
Heiko Fleidl, wat ook die toernooi se tegniese direkteur was, het agterna gesê: “Ondanks die afwesigheid van ’n paar Streek 5-lidlande wat hier sou wees, was die byeenkoms nogtans ’n sukses, beide in terme van organisering en aan die tegniese kant.
“Ek het ook hartlike waardering teenoor Hisham vir sy vrygewigheid, vriendelikheid en besondere kundigheid.”
Wedstryde in die DHPS-gimnasium is tegelykertyd op ses tafels gespeel. Al die deelnemende spelers het vooraf baie hard geoefen en was ywerig om die vlak van hul eie spel te verhoog en soveel as moontlik te leer.
Vanweë die onttrekking van verskeie lidlande vanweë reisbeperkings wat deur hul regerings ingestel is, was daar net twee lande se spelers in die Hopes-afdeling (onder 12) en kadet-afdeling (o.15), naamlik Namibië en Suid-Afrika.
Die Namibiese span het heel goed gevaar in die toernooi, met drie spanlede wat silwermedaljes gewen en sodoende deurgedring het vir deelname aan die Afrika Hopes Week & Challenge, wat vir later vanjaar bestem is.
Die lys wenners van die Suider-Afrika toernooi in Windhoek was soos volg:
Meisies o.12 Hopes Challenge: goud Juané Scholtz (RSA).
Seuns o.12 Hopes Challenge: goud Ruan Anton Scholtz (RSA), silwer Timo Hüster (NAM), brons Jan Wohlers (NAM) en Marco von Schuman (NAM).
Meisies o.15 kadette: goud Kayley Anne Reddy (RSA), silwer Alicia Eibes (NAM), brons Netanya Beukes (NAM).
Seuns o.15 kadette: goud Moegamat Nur van Dyk (RSA), silwer Jayden Knittle (NAM), brons Ashton Dercksen (NAM) en Bruno Eibeb (NAM).
Die Namibiërs Timo Hüster, Alicia Eibes en Jayden Knittle het almal gekwalifiseer om Suider-Afrika by die kontinentale toernooi te verteenwoordig. Die NTTA is trots op hierdie spelers en het vertroue dat hulle die landsvlag hoog sal hou.
Die ITTF se Hopes-program is daarop gerig om die wêreldwye groei in die sport te stimuleer, veral in die jonger ouderdomsgroepe tot onder 12. Die strewe is om nasionale beheerliggame aan te moedig om talent te identifiseer en vir sulke spelers geleenthede vir die toekoms te skep.
Tafeltennis is ’n baie vinnige balsport wat besondere vinnige hand-oogreaksie vereis. Enigiemand wat belangstel om dit te begin speel, is welkom om die NTTA te skakel sodra die huidige landwye beperkings verwant aan die Covid-19-virus opgehef is.
Skakeling is moontlik deur hul webblad, http://namtta.leaguerepublic.com, deur e-pos na [email protected] of deur hul Facebook-blad (Namibia Table Tennis Association – NTTA) wat heelwat handige inligting bevat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie