Virus knip kruistog kort
Virus knip kruistog kort

Virus knip kruistog kort

Tanja Bause
Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis.

“Ek het van Mariental af in Windhoek aangekom en wou graag verder die land instap en Paasnaweek op Walvisbaai wees, maar weens die coronavirus is ons nou in die Khomasstreek gehok. Dus het ek net 10 kilometer op die lughawepad uitgestap om te bid. Ek bid om siele vir die Here te werf, maar ook dat die land en almal wat daarin woon teen die virus beskerm word,” sê hy.
Esterhuizen stap die afgelope nege jaar al met sy kruis deur Namibië en Suid-Afrika.
“Ek het die kruis self gemaak en Bybelverse daarop geskryf. Ek het al my kos, water, klere, tent en alles wat ek nodig het in ’n trollie by my. Ek slaap langs die pad in my tent.”
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer