Virus knel oudstes
Virus knel oudstes

Virus knel oudstes

Dani Booysen
Vandag se grafika wys die jongste totale en die daaglikse gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië.

Data toon persone van 60 jaar en ouer maak 'n groter deel van nuwe gevalle uit as tydens die tweede golf van die pandemie. Dié persentasie het die afgelope weke al by 20% gedraai.

Die totale aantal bejaardes wat positief toets, is steeds minder as in Desember en Januarie, maar die sewedae-gemiddeld mik na dieselfde vlakke.

Landwyd word gemiddeld meer as 250 nuwe gevalle per dag aangeteken en die 199 gevalle wat gister vir Windhoek bevestig is, druk die hoofstad se daaglikse gemiddeld tot 113 gevalle op.

Rehoboth se daaglikse gemiddeld is 21 en die van Oshakati 14.

Gemeet oor sewe dae het die gemiddelde sterftes na vier per dag verminder. In Mei is 128 sterftes nou aan Covid-19 toegeskryf – ewe veel as in Desember 2020. Dit verteenwoordig 'n gemiddeld van vyf sterftes per dag.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer