Virus gooi Warriors se CHAN-opbou in warboel
Sokker
Die Brave Warriors se voorbereiding op die naderende 2021 Afrika Nasieskampioenskap (CHAN) is tydelik stopgesit nadat Covid-19 hul oefenkamp in Windhoek geïnfiltreer het.
'n Groep van 31 van die land se plaaslik gebaseerde spelers was reeds sedert 8 Desember in 'n afgesonderde oefenkamp, maar nadat roetine-toetse op 29 Desember uitgevoer is, het tien spelers en een tegniese spanbeampte positief vir die coronavirus getoets.
Die NFA het onmiddellik die relevante protokol in werking gestel, wat die isolasie van spelers en die staking van alle groepbedrywighede ingesluit het.
Tot in daardie stadium het afrigter Bobby Samaria se groep twee maal per dag geoefen om hul vlak van fiksheid en kondisionering op die hoogste vlak te hou.
Hierdie uitbreking het die vriendskaplike opwarmwedstryde in die gedrang geplaas wat vanaf komende Donderdag tot Maandag 11 Januarie in Rwanda sou plaasvind.
Die Namibiërs sal gevolglik nie meer na Rwanda reis vir die wedstryde waaraan die Demokratiese Republiek die Kongo ook bestem was om deel te neem nie.
Die 2021 CHAN-eindtoernooi word in Kameroen aangebied en duur van 16 Januarie tot 7 Februarie. Namibië is in groep D saam met Guinee, Tanzanië en Zambië geplaas.
Volgens die NFA se woordvoerder, mnr. Dan Kamati, is daar vanweë die huidige onvoorspelbare situasie geen aanduiding wanneer die finale toergroep na Kameroen aangekondig sal kan word nie.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie