Virgin het ook oog op bankwese in SA
Nellie Brand-Jonker
Die Virgin-groep wil ook by die bankwese in Suid-Afrika betrokke raak, het hy Maandag met die bekendstelling van sy korttermynversekeringsake gesê.
Virgin Money is al etlike jare in Brittanje by die bankwese betrokke.
Sir Richard Branson, stigter van die Virgin-groep, sê hulle wil ''n omwenteling in die korttermynversekeringsbedryf in Suid-Afrika meebring. Hy het Maandag die bekendstelling van Virgin Money-versekering in Suid-Afrika bygewoon.
Dit word saam met die internasionale versekeraar American International Group (AIG) aangebied. Dit is Virgin Money se tweede probeerslag met versekering in Suid-Afrika. Hy het in 2010 ''n versekeringsvennootskap met die Telesure-groep gehad wat intussen geëindig het.
Branson sê hulle het nou ''n vennoot in Suid-Afrika waarmee hulle glo hulle die versekeringspad kan stap.
Rob Campbell, bemarkingshoof van Virgin Money, sê versekering is die eerste van talle produkte wat hulle in die komende paar maande bekend sal stel.
Branson sê hulle wil wegdoen met die “pyne” wat verbruikers met motorversekering in Suid-Afrika ervaar, soos dat mense hul geen-eisbonus verloor, selfs al was ''n ongeluk nie hul skuld nie.
Branson het by die geleentheid opgedaag in die klein groen tjor wat in hul TV-advertensies gebruik word. Hy sê hul kliënte sal ná ''n ongeluk ''n soortgelyke voertuig as hul eie kry om mee te ry en nie so ''n “piepklein motortjie” nie.
Dion Nair, hoof van persoonlike versekering in Afrika van AIG, sê baie van die bepalings en voorwaardes is uit polisse verwyder sodat enigiemand dit kan verstaan.
Motor-, huis- en begrafnisversekering word bekend gestel.
Hy sê hulle het ''n wêreldklas-versekeringsplatform op die internet gebou waar mense versekering kan uitneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie