Virgin het ook oog op bankwese in SA
Virgin het ook oog op bankwese in SA

Virgin het ook oog op bankwese in SA

Gerine Hoff
Nellie Brand-Jonker



Die Virgin-groep wil ook by die bank­wese in Suid-Afrika betrokke raak, het hy Maandag met die bekendstelling van sy korttermynversekering­sake gesê.

Virgin Money is al etlike jare in Brittanje by die bankwese betrokke.

Sir Richard Branson, stigter van die Virgin-groep, sê hulle wil ''n omwenteling in die korttermynversekeringsbedryf in Suid-Afrika meebring. Hy het Maandag die bekendstelling van Virgin Money-versekering in Suid-Afrika bygewoon.

Dit word saam met die internasionale versekeraar American International Group (AIG) aangebied. Dit is Virgin Money se tweede probeerslag met versekering in Suid-Afrika. Hy het in 2010 ''n versekeringsvennootskap met die Telesure-­groep gehad wat intussen geëindig het.

Branson sê hulle het nou ''n vennoot in Suid-Afrika waarmee hulle glo hulle die versekeringspad kan stap.

Rob Campbell, bemarkingshoof van Virgin Money, sê versekering is die eerste van talle produkte wat hulle in die komende paar maande bekend sal stel.

Branson sê hulle wil wegdoen met die “pyne” wat verbruikers met ­motorversekering in Suid-Afrika ervaar, soos dat mense hul geen-eis­bonus verloor, selfs al was ''n ongeluk nie hul skuld nie.

Branson het by die geleentheid opgedaag in die klein groen tjor wat in hul TV-advertensies gebruik word. Hy sê hul kliënte sal ná ''n ongeluk ''n soortgelyke voertuig as hul eie kry om mee te ry en nie so ''n “piepklein motortjie” nie.

Dion Nair, hoof van persoonlike versekering in Afrika van AIG, sê baie van die bepalings en voorwaardes is uit polisse verwyder sodat enigiemand dit kan verstaan.

Motor-, huis- en begrafnisversekering word bekend gestel.

Hy sê hulle het ''n wêreldklas-versekeringsplatform op die internet gebou waar mense versekering kan uitneem. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.90/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 894.50/T DOWN -2.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 974.40/OZ DOWN -0.0043 #N/A