‘Vir haar wil ek ’n standbeeld bou’
Henriette Lamprecht – “Ek wil vir haar ’n standbeeld bou. Hierdie dapper, onselfsugtige mamma wat haar baba so oneindig liefhet dat sy alles op die altaar plaas om vir hom ’n beter lewe te gee. Ek salueer haar.”
Dit is die woorde van ’n oorstelpte me. Ronel Peters, wie se Ruach Elohim Stigting vir ongewenste en weggooibabas vandeesweek die eerste baba in die stigting se bababoks ontvang het.
Die spesiale bababoks wat 24 uur gemonitor word, het ’n alarm wat afgaan sou ’n baba daarin geplaas word. Dit is in Oktober verlede by die stigting se tuiste in Swakopmund ingerig.
Die stigting is slegs ’n tydelike opsie totdat alle wetlike prosesse afgehandel en die babas aangeneem of met hul ouers of familie herenig word. Die biologiese ma het ses weke om haar baba weer op te eis, waarna die wetlike proses vir pleegsorg en aanneming begin.
Volgens Ronel was dit ’n “surrealistiese” gevoel toe sy die bababoks se deksel oopmaak en “hier lê ’n regtige egtige baba!”
“Ek het seker vir twee ure net met hom gesit en na hom gestaar. Ek is so, so dankbaar hy is veilig en nie seergemaak of weggegooi nie,” het sy gesê.
Ruach Elohim is Hebreeus vir God se Asem en is die enigste plek van veiligheid wat ’n bababoks het waar vroue sonder enige vervolging of oordeel hul babas kan los.
Die Namibiese kinderwet verander en maak nou voorsiening dat ’n mamma haar baba anoniem op ’n veilige plek mag laat sonder om vervolging in die gesig te staar – mits die baba ongedeerd en dit ’n veilige plek is. Veilige plekke sluit hospitale, polisiekantore en dan amptelike plekke van veiligheid soos in die geval van Ruach Elohim in.
Haar boodskap aan desperate mammas wat voel hulle moet eerder hul babas weggooi, is eenvoudig, sê Ronel.
Elkeen moet weet daar is ’n ander en ’n beter uitweg as om ’n baba op ’n onveilige plek te los of dood te maak. Hoop en hulp is altyd beskikbaar.
Vir meer inligting kan Ronel by 081 242 6396 gekontak word, of besoek hul Facebookblad Ruach Elohim Foundation.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie