Vinnigste kat vandag vereer
Vinnigste kat vandag vereer

Vinnigste kat vandag vereer

Vandag is die jagluiperd se spesiale dag. Dié dier is die vinnigste op land, en kan teen ’n spoed van 113 km per uur hardloop, maar is ook een van die mees bedreigde spesies ter wêreld. Wêreldjagluiperddag word op 4 Desember herdenk. Namibië het die grootste vrylopende jagluiperdbevolking ter wêreld. Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) buite Otjiwarongo bied reeds van die naweek tot vandag spesiale aktiwiteite aan en toegang is gratis. Sondag het meer as 30 besoekers by die CCF gaan kuier om te kyk hoe jagluiperds gevoer word. Foto Facebook/CCF

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer