Vies Gatland kap Rassie en Faf
Vies Gatland kap Rassie en Faf

Vies Gatland kap Rassie en Faf

Rugby
Stephen Nell – Ná 'n handvol eensydige wedstryde het die kwik op die Britse en Ierse Leeus se toer skielik die hoogte ingeskiet nadat hulle Woensdagaand in die Kaapstad-stadion teen 'n Suid-Afrika A-span verloor het.

Het 'n mens gister na Warren Gatland, die Leeus se afrigter, geluister, sou jy nie eens gedink het hulle het verloor nie.

Sover dit hulle betref, het die SA A-span die Springbokke se geheime verklap en Gatland het sommer ook 'n paar houe in die rigting van die Bok-skrumskakel Faf de Klerk en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, ingekry.

Die Britse media het 'n vroeër uitlating deur Erasmus – dat hy seker is die Leeus sal nie “bang” wees vir 'n tweede wed­stryd teen die SA A-span nie – vertolk as 'n insinuasie dat die toerspan juis dit is.

“Ek dink Rassie probeer ons net op ons agterpote kry, iets waartoe hy soms in staat is,” het Gatland gesê voordat hy ook 'n stekie ingekry het.

“Gisteraand was hy (Erasmus) 'n waterdraer wat op die veld opgehardloop het, maar as jy in daardie hoedanigheid op die veld hardloop, behoort jy seker te maak dat jy water saam met jou dra.

“Ek begryp nie wat Rassie se rol was nie. Jy hardloop mos nie op die veld om boodskappe oor te dra as jy 'n waterdraer is wat nie water dra nie. My raad aan hom is om volgende keer seker te maak hy vat water saam!”

En nee, sê Gatland, die Leeus is nie ná hul nederlaag bang nie.

“Ons is opgewonde. Dit was 'n fisieke wedstryd. Ons weet wat gaan kom en hulle sal vandag seer lywe hê,” sê hy.

“Ons verdediging van die rolmaalbewegings was goed, ons het baie goed geskrum, ons het hulle onverhoeds betrap met ons optel-en-dryf-strategie en dit was 'n kans om aan daardie fasette te skaaf.

“Op die aanval was ons nie klinies nie, maar daar was geleenthede wat ons nie afgerond het nie en dit sal ons 'n paar dinge gee om in die komende naweek en volgende week aan te werk.

“Die ouens was ná die wedstryd vol vertroue in die kleedkamer en onder die indruk dat hulle die reeks kan wen.”

Wat De Klerk betref, meen Gatland dat die geel kaart wat hy aan die einde van die eerste helfte vir sy duikslag op Wyn Jones gekry het, eintlik rooi moes wees.

“Ek kan nie verstaan hoe gesê is daar was nie kontak met die kop nie. Iemand het ander beeldmateriaal as ek gesien,” sê hy.

Intussen het Gatland vir Alun Wyn Jones op die Leeus se plaasvervangersbank vir môre se wedstryd teen die Stormers in die Kaapstad-stadion gekies.

Dit sal dan maar net twee dae wees sedert Jones hom by die Leeus se kamp aangemeld het, maar daar word gehoop dat hy kan wys dat hy vir die eerste toets teen die Bokke gereed is.

Jones is deur Conor Murray as toerkaptein vervang nadat hy 'n skouerbesering in die Leeus se opwarmwedstryd teen Japan opgedoen het, maar het onverwags vinnig herstel.

• Britse en Ierse Leeus: Stuart Hogg (k), Josh Adams, Elliot Daly, Robbie Henshaw, Duhan van der Merwe, Marcus Smith, Ali Price, Jack Conan, Hamish Watson, Tadhg Beirne, Jonny Hill, Adam Beard, Tadhg Furlong, Luke Cowan-Dickie, Rory Sutherland. Reserwes: Jamie George, Mako Vunipola, Zander Fagerson, Alun Wyn Jones, Sam Simmonds, Gareth Davies, Chris Harris, Louis Rees-Zammit.

– Netwerk24


FOTO
Alun Wyn Jones is môre op die Britse en Ierse Leeus se reserwebank teen die Stormers in Kaapstad. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%