Viering van uitmuntende spel
Sedert sy ontstaan twee jaar gelede het dié byeenkoms vanjaar weer uitstekende sport en goeie sportmangees gelewer.
Justicia Shipena
Die Namib Poultry Gravity Cup bied ’n opwindende platform vir skole om hul talent ten toon te stel.
Die finale van hierdie opwindende reeks het die naweek by Affiespark in Windhoek plaasgevind.
Skole van dwarsoor die land het in sewes-rugby, fast five-netbal en six-a-side-sokker deelgeneem.
Die ouderdomsgroepe van o.13 tot o.19 af het in rugby en netbal mekaar die stryd aangesê en by die sokker het spanne van o.15 tot o.19 kragte op die veld gemeet.
Meer as 30 skole het in onder meer 56 netbalwedstryde, 48 rugbywedstryde en 12 sokkerwedstryde deelgeneem.
Sedert sy ontstaan twee jaar gelede het dié byeenkoms vanjaar weer uitstekende sport en goeie sportmangees gevier.
Die wenners van die verskillende sportkodes in hul onderskeie ouderdomsgroepe het N$8 000 as prysgeld ontvang.
Die wenners in die onderskeie ouderdomsgroepe is as volg:
Netbal
o.13 - Windhoek Gimnasium
o.15 - Windhoek Hoërskool
o.17 - Walvisbaai Privaat Hoërskool
o.19 – Hoërskool Ella du Plessis
Rugby
o.13 – Laerskool Pionierspark
o.15 - Windhoek Gimnasium
o.17 – Windhoek Afrikaanse Privaatskool
o.19 – Windhoek Hoërskool
Sokker
o.15 – Namib High
o.17 - St. George's Diocesan College
o.19 – Hoërskool Grootfontein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie