Vierde 'renosterstroper' van Gobabis vas
Francoise Steynberg – Die vierde vermeende renosterstroper in die Gobabis-saak, mnr. Hamukoto Kanana Erastus, is ook verlede week in hegtenis geneem.
Dit volg nadat die karkas van 'n ver dragtige witrenosterkoei op Vrydag 2 April op 'n lodge in die Gobabis-distrik gevind is. Met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid is drie verdagtes, mnre. Zondundi Tjipuiko, Frederik Hamukoto en Tjimbaka Mbatiminua, Sondag 4 April by 'n padblokkade buite Gobabis in hegtenis geneem. In hul besit was glo 'n jaggeweer en 22 patrone.
Erastus is op Dinsdag 6 April in hegtenis geneem.
Volgens die wildmisdaadverslag van 4 tot 11 April is nog twee Namibiese mans verlede Donderdag in Windhoek met twee renosterhorings in hegtenis geneem. Beslag is op die voertuig gelê waarin mnre. Salomon Erastus Nghidinwa en Lukas Nepwayu na bewering met die horings gereis het. By Outapi is 'n Namibiër, mnr. Veikko Angula, en 'n Angolese burger, mnr. Murangi Kambwale, Sondag glo met 'n ietermagôvel in hul besit vasgetrek.
Ludwig Kamdombo, Eliazer Tjombe en Nangoi Mbwinjamuye is op 23 Maart in die Omaruru-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige jag van 'n gemsbok. Hul vonnis is 'n boete van N$4 000 waarvan N$2 000 opgeskort is, of een jaar tronkstraf waarvan ses maande vir vyf jaar opgeskort is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie