Vierde gesondheidswerker sterf aan Covid-19
Vierde gesondheidswerker sterf aan Covid-19

Vierde gesondheidswerker sterf aan Covid-19

Ronelle Rademeyer
Nog 22 gesondheidswerkers in Namibië het positief getoets vir Covid-19, terwyl die vierde sterfgevalle onder gesondheidswerkers ook voorgekom het.
Hulle is onder die 270 nuwe gevalle wat die afgelope 24 uur in die land aangemeld is. Benewens die gesondheidswerker, het twee ander mense ook gesterf wat die totale getal sterftes op 218 te staan bring.
Dié inligting blyk uit die jongste Covid-19-verslag van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
Khomas en Erongo is steeds die twee streke wat die ergste geraak is, met 82 nuwe gevalle in eersgenoemde streek en 71 in Erongo.
Daar is tans 255 Covid-19-pasiënte in hospitale in die land. Altesaam 39 van hierdie pasiënte is so ernstig siek dat hulle intensiewesorg benodig.
Van die 270 nuwe gevalle, toon 181 (67%) simptome. Altesaam 107 (40%) van die positiewe gevalle is kontakte van mense wat die virus onder lede het.
Die herstelkoers beloop 84%, of 21 167 van die 25 386 mense wat tot dusver positief getoets het. Sedert die eerste gevalle sowat tien maande gelede in Namibië aangemeld is, is 215 409 toetse al uitgevoer.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer