Vier vragmotors in trompop botsing
Tanja Bause – Twee vragmotors was Maandag omstreeks 19:30 in ’n kop-teen-kop-botsing op die TransKalahari-snelweg betrokke.
Volgens adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, het die ongeluk sowat 5 km van die Kappsfarm-polisiepadblokkade op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako plaasgevind.
Een van die vragmotors het geknipmes en die pad versper.
Terwyl noodpersoneel besig was om die toneel op te ruim, het twee vragmotors wat vanuit Windhoek op pad was en agter mekaar gery het, teen die stilstaande vragmotors gebots.
“Hulle het glo te laat besef daar was ’n ongeluk en het nie betyds rem getrap nie. Die vragmotors het teen die stilstaande sedanvoertuie en die twee vragmotors in die eerste ongeluk gebots,” sê Shikwambi.
Altesaam vier vragmotors en drie sedanvoertuie was in die ongeluk betrokke.
Die 46-jarige bestuurder van een van die vragmotors is op die toneel dood.
Intussen het mnr. Sidney Boois van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) in ’n onderhoud op Kletskompas, NMH se aanlyn ontbytprogram, gesê die feesseisoen se padveiligheidsveldtog, #do the right thing and save lives, was ’n reusesukses.
“Padveiligheid is almal se verantwoordelikheid en die eerste stap is om by die wet te hou – byvoorbeeld as jy as pa by die spoedperk hou, sal jou kinders eendag dieselfde doen. Hulle leer by jou,” het hy gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie