Vier vas oor olifantprodukte
Vier vas oor olifantprodukte

Vier vas oor olifantprodukte

Francoise Steynberg
Die Namibiese polisie het verlede week drie olifanttande, twee -velle en een stuk ivoor gekonfiskeer.

Vier verdagtes is in verband met olifantstropery en -ivoorsmokkelary in hegtenis geneem, lui statistieke van wildmisdaad van 2 tot 8 September wat deur die polisie se eenheid vir bekermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid verskaf is.

Beslag is ook op een lewende ietermagô en 'n ietermagôveld gelê.

Altesaam vier wildmisdaadverwante sake is geregisteer en ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer