Vier streke in Noorde se waterkanaal word herstel

16 February 2021 | Landbou
Tuyeimo Haidula op Omahenene – NamWater het Saterdag 'n N$93,5 miljoen-opknappingsprojek aan die Omahenene-Olushandja-kanaal afgeskop, wat ses maande sal duur.

Die hele kanaal moet skoongemaak word om die watertoevoer na die hoofsuiweringsaanlegte op Olushandja, Outapi, Ogongo en Oshakati te verbeter.

Tydens sy toespraak by die sooi­spitseremonie het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, gesê die gedeelte van die kanaal wat opgeknap word, is in 1972 gebou – byna 50 jaar gelede.

Schlettwein het gesê NamWater het dit oor die jare onderhou om te verseker dat water sonder ontwrigting kan vloei, maar onderhoudskoste het mettertyd onvolhoubaar geword. Vandaar die behoefte aan opknappings.

Die kanaal is ontwerp met 'n kapasiteit van 10 kubieke meter per sekonde vir die eerste gedeelte en eindig op 1,3 kubieke meter per sekonde by Oshakati. Hierdie kanaal is nie net gebou om drinkwater aan die Namibiese bevolking in die Oshikoto-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikotostreek te voorsien nie, maar ook om voorsiening te maak vir landbouproduksie by een van die regering se grootste groenskemaprojekte – die Etunda-besproeiingskema.

“Mens kan dus sien hoe sentraal hierdie infrastruktuur is tot die ­lewensbestaan van ons mense, landbouproduksie en die ekonomie van die noordelike streke,” het die minister gesê.

Hy het dié platform gebruik om sy misnoeë oor die vandalisering van die kanaal uit te spreek.

Benewens die onderhoudskoste, het hy gesê NamWater bestee miljoene aan die elektrisiteitskoste om water vanuit die Caluequedam in die kanaal te pomp.

Ongelukkig, het Schlettwein bygevoeg, verloor die maatskappy baie van die water as gevolg van verdamping en die onwettige verbruik deur boere wat besproeiingstuine langs die kanaal opgerig het, wat die afgelope tyd aan die toeneem is.

“Die toename in onwettige verbruik langs die kanaal het 'n groot bron van kommer geword, aangesien Nam­Water nou sukkel om voldoende water by die Oshakati-suiweringsaanleg te kry, aangesien die grootste hoeveelheid water wat uit die ­Caluequedam gepomp word, deur die boere opgebruik word voordat dit die verste suiweringsaanleg kan bereik,” het hy benadruk.

Mnr. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusatistreek, het Schlettwein se boodskap beaam en bygevoeg terwyl die regering voedselproduksie aanmoedig en optimisties oor die groei van boerdery in die streek is, moet die pomp van water uit die kanaal gereguleer en beheer word sodat hulle billike watervoorsieningsdienste aan alle verbruikers kan handhaaf.

Endjala het ook inwoners van die streek versoek om op te hou met die vandalisering van die kanaal.

Die opknappingstender is aan Radial Truss Industries toegeken, wat vir die projek kragte sal saamspan met Imperative Construction and Engineering. Afdeling B is toegeken aan Brumar Construction. Die twee afdelings van 5,8 km sal teen 'n koste van ongeveer N$93,5 miljoen herbou word.

[email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

2 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

2 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

3 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

13 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

13 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...