Vier streke in Noorde se waterkanaal word herstel
Tuyeimo Haidula op Omahenene – NamWater het Saterdag 'n N$93,5 miljoen-opknappingsprojek aan die Omahenene-Olushandja-kanaal afgeskop, wat ses maande sal duur.
Die hele kanaal moet skoongemaak word om die watertoevoer na die hoofsuiweringsaanlegte op Olushandja, Outapi, Ogongo en Oshakati te verbeter.
Tydens sy toespraak by die sooispitseremonie het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, gesê die gedeelte van die kanaal wat opgeknap word, is in 1972 gebou – byna 50 jaar gelede.
Schlettwein het gesê NamWater het dit oor die jare onderhou om te verseker dat water sonder ontwrigting kan vloei, maar onderhoudskoste het mettertyd onvolhoubaar geword. Vandaar die behoefte aan opknappings.
Die kanaal is ontwerp met 'n kapasiteit van 10 kubieke meter per sekonde vir die eerste gedeelte en eindig op 1,3 kubieke meter per sekonde by Oshakati. Hierdie kanaal is nie net gebou om drinkwater aan die Namibiese bevolking in die Oshikoto-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikotostreek te voorsien nie, maar ook om voorsiening te maak vir landbouproduksie by een van die regering se grootste groenskemaprojekte – die Etunda-besproeiingskema.
“Mens kan dus sien hoe sentraal hierdie infrastruktuur is tot die lewensbestaan van ons mense, landbouproduksie en die ekonomie van die noordelike streke,” het die minister gesê.
Hy het dié platform gebruik om sy misnoeë oor die vandalisering van die kanaal uit te spreek.
Benewens die onderhoudskoste, het hy gesê NamWater bestee miljoene aan die elektrisiteitskoste om water vanuit die Caluequedam in die kanaal te pomp.
Ongelukkig, het Schlettwein bygevoeg, verloor die maatskappy baie van die water as gevolg van verdamping en die onwettige verbruik deur boere wat besproeiingstuine langs die kanaal opgerig het, wat die afgelope tyd aan die toeneem is.
“Die toename in onwettige verbruik langs die kanaal het 'n groot bron van kommer geword, aangesien NamWater nou sukkel om voldoende water by die Oshakati-suiweringsaanleg te kry, aangesien die grootste hoeveelheid water wat uit die Caluequedam gepomp word, deur die boere opgebruik word voordat dit die verste suiweringsaanleg kan bereik,” het hy benadruk.
Mnr. Erginus Endjala, goewerneur van die Omusatistreek, het Schlettwein se boodskap beaam en bygevoeg terwyl die regering voedselproduksie aanmoedig en optimisties oor die groei van boerdery in die streek is, moet die pomp van water uit die kanaal gereguleer en beheer word sodat hulle billike watervoorsieningsdienste aan alle verbruikers kan handhaaf.
Endjala het ook inwoners van die streek versoek om op te hou met die vandalisering van die kanaal.
Die opknappingstender is aan Radial Truss Industries toegeken, wat vir die projek kragte sal saamspan met Imperative Construction and Engineering. Afdeling B is toegeken aan Brumar Construction. Die twee afdelings van 5,8 km sal teen 'n koste van ongeveer N$93,5 miljoen herbou word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie