Vier sterftes, 87 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met vier tot 3 435. Gister is 87 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 6,5%. Die nuwe gevalle sluit 25 leerlinge, vyf onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 470 waarvan 152 in die hospitaal en 19 in die ICU is. Tot op hede het 230 760 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 140 757 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie