Vier sterftes, 291 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië staan nou op 513 nadat nog vier sterftes - een elk in Windhoek, Rundu, Onandjokwe en Grootfontein - aangemeld is. Vandag is 291 nuwe gevalle aangemeld waarvan 93 leerlinge, 12 gesondheidswerkers, 11 onderwysers en vyf studente is. Die aktiewe gevalle staan op 1 945 waarvan 163 in die hospitaal en 35 in die ICU is.
Die getal persone wat herstel het, staan op 41 455, 'n herstelkoers van 94%, terwyl 4 570 kontakte gemonitor word en 1 812 mense in kwarantyn is. Tot op hede is 881 mense teen Covid-19 ingeënt en wel 729 in Khomas en 152 in Erongo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie