Vier sterftes, 188 nuwe gevalle
Vier sterftes, 188 nuwe gevalle

Vier sterftes, 188 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië het met vier opgestoot na 428 nadat twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Rehoboth en Otjiwarongo aangemeld is. Vandag is 188 nuwe gevalle aangemeld waarvan 71 leerlinge, vyf onderwysers en een 'n gesondheidswerker is.

Die aktiewe gevalle staan op 2 262 waarvan 138 in die hospitaal en 22 in ICU is. Nog 74 mense het herstel wat die totaal op 36 335 en 'n herstelkoers van 93% te staan bring.

Tot op hede is 304 421 weefselmonsters getoets, 3 963 kontakte word gemonitor en 1 956 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer