Vier sterftes, 176 nuwe gevalle
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, het nog vier Covid-19-verwante sterftes aangekondig. Volgens Muinjangue is twee sterftes in Windhoek en een elk in Swakopmund en Keetmanshoop aangeteken. Die sterftes in Windhoek is onderskeidelik 'n 38-jarige man en 'n 50-jarige man met onderliggende mediese toestande. Die sterftes in Swakopmund en Keetmanshoop is 'n onderskeidelik 'n 47-jarige man en 'n 62-jarige vrou. Nie een van die gevalle het onderliggende mediese toestande gehad nie. Volgens Muinjangue is 46 Covid-19-verwante sterftes in Augustus tot op hede aangeteken wat dui op 'n gemiddeld van twee sterftes per dag. Uit die totaal van 56 sterftes tot op hede het 47 of 88% onderliggende mediese toestande gehad.
Volgens haar is 176 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld waarvan 95 vroue en 81 mans is. Die jongste is twee maande oud en die oudste 70 jaar oud. Uit die 176 gevalle is 126 in Windhoek, vier in Walvisbaai, nege in Swakopmund, sewe in Mariental, drie in Rehoboth, nege in Oshakati, agt in Onandjokwe, twee in Tsandi, twee in Engela, een in onderskeidelik Otjiwarongo en Grootfontein, twee in Katima Mulilo en een elk in Gobabis en Khorixas aangeteken.
Uit die 3 411 aktiewe gevalle is 12 in 'n ernstige en kritieke toestand. Dit sluit drie ernstige en drie kritieke gevalle in die Erongostreek en een ernstige en vyf kritieke gevalle in die Khomasstreek in.
Volgens Muinjangue het nog 54 gevalle herstel wat die totaal op 2 553 te staan bring. Tot op hede is 51 605 weefselmonsters getoets, 6 218 kontakte word gemonitor en 1 255 mense is huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie