Vier sterftes, 102 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftes staan op 608 nadat vier sterftes - drie in Windhoek en een in Rehoboth - aangeteken is. Vandag is 102 nuwe gevalle aangemeld waarvan 24 leerlinge en drie onderwysers is. Die aktiewe gevalle staan op 1 303 waarvan 112 in die hospitaal en 33 in die ICU is. Tot op hede het 44 953 (96%) gevalle herstel. Tot op hede is 5 536 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 278 mense in kwarantyn en 3 524 kontakte word gemonitor.
Tans is 1 278 mense in kwarantyn en 3 524 kontakte word gemonitor.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie