Vier sterf in ongelukke; rowers aktief
Misdaad
Die twaalfjarige Johanna Haidula is Vrydag op die toneel oorlede nadat sy deur 'n voertuig gestamp is.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval omstreeks 18:30 in die Eembo-nedersetting langs die hoofpad tussen Omafo en Okalongo gebeur. Die bestuurder van 'n sedanvoertuig het glo beheer verloor en die voertuig het van die pad af gery en twee kinders 'n paar meter vanaf die pad getref voordat dit omgeslaan het. Haidula is op die toneel oorlede en die ander kind en die bestuurder is ernstig beseer.
• 'n Sleepwa het Saterdag op die plaas Zucou in die Outjo-distrik van die trekker losgebreek en omgeslaan. Op die sleepwa was droppers en twee mans, wat met beserings na die stadshospitaal op Otjiwarongo geneem is waar mnr. Bernardo Kasela (22) dood verklaar is. Die ander passasier, 'n 26-jarige man, is in 'n kritieke toestand in die hospitaal. Die polisie-ondersoek duur voort.
• Saterdag om 02:20 het mnr. Jerome Steyn (24) in die Mariental-omgewing beheer verloor oor die voertuig waarin hy alleen onderweg was. Die voertuig het omgeslaan en Steyn is op die toneel oorlede.
• Me. Ndamona Josef (40) is op die toneel oorlede nadat sy deur 'n voertuig met 'n regeringsregistrasiemerk gestamp is. Sy het die hoofpad tussen Eenhana en Oshigambo by die Omahenge nedersetting oorgesteek toe die botsing gebeur het. Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
KWAADWILLIGE SAAKBESKADIGING
Saterdag om 02:20 het die bestuurder van 'n sedanvoertuig roekeloos in 'n 60 km/h sone gery en teen die hek by die TransKalahari internasionale grenspos gebots. Die voertuig het ook 'n Telecom-toring getref. Die skade is nog nie bereken nie en die man is ook nie in hegtenis geneem nie.
ROOF EN DIEFSTAL
Vrydag om 14:30 is 'n 26-jarige man in Oshinyadhila in Ondangwa deur twee mans van N$10 000 beroof.
Na bewering het die man die geld by 'n bankoutomaat (OTM) in die Oshana-inkoopsentrum onttrek. Oomblikke nadat hy saam met sy neef in 'n taxi geklim het om na Ondangwa te ry, het twee mans ook in die taxi geklim. Die taxibestuurder het van die bestemde roete afgewyk en na Oshinyadhila Nr. 1 gery. Daar het die bestuurder en die twee mans die slagoffer met 'n mes gedreig en sy geld afgeneem. Die neef en die slagoffer is hierna uit die voertuig verjaag. Niemand is in hegtenis geneem nie.
• Drie mans gewapen met stokke het glo Saterdag om 03:00 in Avis by 'n woonstelkompleks ingebreek.
Hulle het die elektriese heining en voordeur afgebreek en toegang tot die inwoners se slaapkamer gekry waar die man en vrou aan die slaap was.
Hulle het die inwoners wakker gemaak en geld geëis. Die inwoners was glo huiwerig en die mans het hulle aangerand en die vrou vasgebind. Die man het op die vlug geslaan en van die balkon afgespring. In die proses het hy sy been en voet beseer en is later hospitaal toe.
Die mans het met 'n skootrekenaar, 'n beursie met kontant, 'n swart aktetas, drie pare skoene en 'n paspoort op die vlug geslaan. Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.
• Vier verdagtes het glo Saterdag om 14:00 op die Pick n Pay parkeerterrein in Tsumeb 'n iPhone ter waarde van N$25 000, persoonlike dokumente en kontant van N$750 van die voorste sitplek van 'n voertuig gesteel terwyl die eienares, 'n 50-jarige vrou, besig was om haar inkopies in die kattebak te laai. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie