Vier renosterstropers gevonnis
Steek horings in spaarwiel weg
Francoise Steynberg - Twee renosterstropers is Vrydag ''n vonnis van meer as 10 jaar agter tralies in die landddroshof op Opuwo opgelê.
Landdros Leena Iyambo het vir Uaparakana Kapuree (28) en Tjizemba Kambamba Maverukuuni (22) vir hul betrokkenheid by renosterstropery in die Kunenestreek elk tot 11 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis.
Hulle is aangekla van die jag van spesiaal beskermde wild, die besit van beheerde wildprodukte (renosterhorings), die besit van vuurwapens sonder ''n lisensie en die onwettige besit van ammunisie.
Op die eerste klag is elk tot ses jaar gevonnis met die opsie van ''n boete. Op die tweede klag is hulle tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die derde klag het elkeen ''n boete van N$2 000 of twee jaar en ses maande gevangenisstraf gekry, asook ''n boete van N$1 000 op die vierde klag.
Twee weke gelede het nóg twee renosterstropers, Samuel Gideon (30) en Ndume Nakakuwa (34), dieselfde vonnis gekry.
Nakakuwa het egter op ''n bykomende verkeersklag, die bestuur van ''n voertuig sonder ''n lisensie, verskyn en hy is gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf of ''n boete van N$1 500.
Die vyfde beskuldigde, Benjamin Shikongo (22), is nog nie gevonnis nie en hy hou voet by stuk dat hy onskuldig is.
Die saak hou verband met die vyf Namibiese mans wat in Junie 2015 tussen Warmquelle en Opuwo met twee vars renosterhorings in hul voertuig se spaarwiel betrap is. ’n Papwiel, ’n padblokkade vir bek-en-klou-seer en ’n wakker polisieman het gesorg dat dié vyf vasgetrek is.
Hulle is ook betrap met ’n vuurwapen in hul voertuig. Dit het gevolg nadat ’n polisieman by die padblokkade onraad vermoed het toe hulle nie hul voertuig se pap wiel met die spaarwiel wou vervang nie.
’n Onthoornde swartrenosterkoei se karkas is deur die polisie in die omgewing van Etendeka en Beesvlakte in die Kunenestreek gevind. Pogings was aangewend om die karkas te verbrand om nie aasvoëls te lok nie.
Staatsaanklaer Obrey Ndlovu het tydens die hofverrigtinge gepleit dat die hof strenger strawwe aan stropers moet gee om ''n boodskap aan potensiële oortreders uit te stuur.
’n Skokkende 64 renoster- en 53-olifantkarkasse is vanaf Januarie tot September deur die Namibiese polisie in die land gevind.
Volgens generaal-majoor James Tjivikua, adjunkinspekteur-generaal vir operasies van die Namibiese polisie, is 17 renosterhorings en 80 olifanttande gevind. Altesaam 26 vermeende renosterstropers en 22 vermeende olifantstropers is in hegtenis geneem.
Voorts het die polisie en die ministerie van die omgewing en toerisme op ses ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê, asook op 151 rondes ammunisie en een voertuig.
Vier Chinese smokkelaars van 14 renosterhorings, Li Xiaoliang, Li Zhibing, Pu Xeuxin en Wang Hui, sal moontlik ook vandeesweek in die Windhoekse streekhof gevonnis word. - Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie