Vier oorleef ongeluk op Otjiwarongo-Okahandjapad
Vier mense het nouliks aan die dood ontkom, nadat die voertuig waarin hulle op reis wees, die pad verlaat en drie keer gerol het. Die ongeluk het op die B1-hoofpad tussen Otjiwarongo en Okahandja plaasgevind. Volgens die polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha het die ongeluk vanoggend omstreeks 06:30 sowat 45 km suid van Otjiwarongo plaasgevind. Na bewering het die 26-jarige bestuurder uitgeswaai vir ‘n koedoe in die pad wat daartoe gelei het dat die voertuig die pad verlaat en gerol het. Die bestuurder is ongedeerd, terwyl twee passasiers rug- en kopbeserings opgedoen het. Die vierde persoon het slegs ligte beserings opgedoen. Die beseerdes is in die staatshospitaal op Otjiwarongo opgeneem. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie