Vier nuwe bevestigde Covid-19-gevalle
Vier nuwe bevestigde gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in Namibië aangeteken. Dit bring die totaal op 29. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula is drie van die nuwe gevalle studente van dieselfde universiteit in Suid-Afrika wat in kwarantyn in Namibië was. Die vierde geval is 44-jarige man wat in die finansiesdepartement van 'n private hospitaal in Walvisbaai werk. Volgens Shangula het hy geen direkte kontak met geval 22, 'n 63-jarige man wat tans in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal is, gehad nie en word die oorsprong van oordrag ondersoek. Die drie studente, twee 21-jarige en een 23-jarige mans was al drie op dieselfde vlug wat op 29 Mei uit Suid-Afrika na Namibië gekom het. Twee van die studente het geen simptome van Covid-19 getoon nie, terwyl die derde student se smaak- en reuksintuie aangetas is.
Met verwysing na geval 22 het die minister gesê hy is steeds op 'n ventilator maar toon tekens van herstel.
Shangula sê tot op hede is 4 588 weefselmonsters getoets, waarvan 193 Vrydag was. Tans is 800 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie