Vier Nasionale Braaidag
Vier Nasionale Braaidag

Vier Nasionale Braaidag

Suid-Afrika vier op 24 September Nasionale Braaidag en wynliefhebbers kan uitsien na vieringe by die gewilde Laborie Lazy Days-mark, wat op die bekroonde Laborie-wynplaas in die hartjie van die Paarl-wynlande plaasvind. Die geleentheid is ?n viering van die buurland se gunsteling tydverdryf en is daarop gemik om alle Suid-Afrikaners aan te moedig om deel te neem aan die pret-aktiwiteite wat deur alle groepe gedeel word.

Besoekers kan ?Koop en Braai? met ander woorde ?n braaipakket koop en die stalletjies besigtig terwyl dit vir hul gebraai word. Die bekende sjef Duncan Doherty is een van die braaiers wat gaan verseker jy eet heerlike braaivleis. Boereworsrolletjies, hamburgers en sosaties sal ook te koop aangebied word. Die mark is skaars ?n uur se ry van Kaapstad af en bied aan besoekers varsgebakte brode, koffies, kaas, olywe en ander heerlike plaaslik vervaardigde produkte.

Die stalletjies is versier met kuns en kunsvlyt en daar word ook vermaak vir die jongspan aangebied. ?n Wye verskeidenheid plaaslike en internasionale bier word ook aangebied. Laborie bied van die beste vonkelwyne en wyne in Suid-Afrika, sowel as brandewyn.

Besoekers kan oornag in die luukse gastehuis of ?n heerlike maaltyd by die Laborie restaurant nuttig. Die mark is op 24 September oop vanaf 09:00 tot 14:00. Vir meer inligting oor die mark kontak Ann Ferreira by 0027 (0) 82 909 1116 of stuur ?n e-pos na [email protected], besoek die webtuiste by www.laboriewines.co.za of sluit aan op die Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2025-09-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer